Titus Livius

Titus Livius
'n Standbeeld van Titus Livius by die Oostenrykse parlementgebou in Wene, Oostenryk
Gebore
Titus Livius [1]

59 v.C.
Sterf17 n.C. (op ouderdom 74–75)
BeroepGeskiedkundige
Noemenswaardige werke
  • Ab urbe condita

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Titus Livius (Latyns: ˈtɪtʊs ˈliːwiʊs; 59 v.C.17 n.C.) was 'n Romeinse geskiedkundige. Hy het 'n monumentale geskiedenis van Rome en die Romeinse mense geskryf, getiteld Ab Urbe Condita[2]. Dit dek die tydperk van die vroegste legendes van Rome voor die tradisionele stigting van Rome in 753 v.C., tot die bewind van Augustus in Livius se eie leeftyd. Hy was goed bevriend met lede van die Julies-Claudiese dinastie en was 'n vriend van Augustus[3] en het die toekomstige keiser Claudius aangemoedig om geskiedenis te bestudeer en te skryf.[4]

  1. Titus is die eerste naam (die persoonlike naam); Livius is die Romeinse naam (d.i. behorende aan die Livia gens"). Derhalwe het Titus Livius nie 'n derde naam (d.i. 'n familienaam) gehad nie, wat nie ongewoon was gedurende die Romeinse Republiek nie. Klassieke bronne stem hieroor saam: Seneca (Epistulae Morales ad Lucilium 100.9); Tacitus (Annales IV.34.4); Plinius (Epistulae II.3.8); en Suetonius (Claud. 41.1) noem hom Titus Livius. Quintilianus noem hom Titus Livius (Inst. Or. VIII.1.3; VIII.2.18; X.1.101) of kortweg Livius (Inst. Or. I.5.56; X.1.39). In die grafinskripsie van Patavium, wat heel waarskynlik op Titus van toepassing is, word hy genoem met sy patroniem, (Latyns: T Livius C f, letterlik: Titus Livius Cai filius)
  2. Die werk beskryf in 142 boeke (libri) die geskiedenis vanaf die stigting van die stad (ab urbe condita), gedateer tot 753 v.C., tot die tyd van Livius self (omstreeks die jaar 10 n.C.). Van die 142 libri het slegs boeke 1-10 en 21-45 behoue gebly, asook enkele fragmente van ander boeke
  3. Tacitus. Annales. IV.34.
  4. Suetonius. Claudius. Die Twaalf Caesars. 41.1.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search